Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " simptoom " deur JEANNE GOOSEN
" simptoom " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #81192] Sun, 27 July 2003 14:25
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jeanne Goosen

simptoom

ek dink ons het parasiete in die familie
so is daar byvoorbeeld my oom
hy is dood nou (mag sy siel rus: hy was 'n begrafnisondernemer)
lewerslakke
het dit glo van 'n skaap gekry of drank
hulle sê die onsuiwer het hom al van binne gepak
toe hy ander nog gekis het

ek het ook so iets geërf
draaisiekte
daarom dat ek soms so aanhoudend blêr en blêr
onder 'n huilbosboom

die dokter kan my gesond maak
sê hulle
natriumbromiede
maar ek wil nie
want die brak is lekkerder
daar onder die huilbosboom
op my oom die ondernemer
se graf
Vorige onderwerp: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Heilige Beeste " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 09:12:40 UTC 2024